Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

“Waar is jy?” – Genesis 3:8-19

 

Dit is bevrydend om te weet dat God se liefde vir my
onvoorwaardelik is en dat Hy my voetstoots aanvaar. Maar wat van my sonde? Hoe dink God oor en reageer Hy op die skerp en die donker kante van my lewe? Watter effek het my sonde op my verhouding met God, met ander en op die wêreld waarin ek leef?

Genesis 3 as deel van die skeppingsverhaal kom help ons om te verstaan wat God se aanvanklike bedoeling was met Sy skepping. Ons sien hoedat die mens se verkeerde keuses lei tot die tragiese skeeftrek van God se aanvanklikke bedoeling. Ons sien ook hoedat God in sy reaksie op die mens se sondige keuses, steeds genade bewys as Hy vra “Waar is jy?”.

 

In Adam en Eva se verhaal leer ons hoe ons vandag moet dink oor en maak met ons eie sondigheid, terwyl ons oos van Eden leef (3:24).

 

Kom luister weer na hulle verhaal en dink na oor jou eie lewe vanuit ‘n siklus van genade. Kom proe die genade in die tekens van die Nagmaal as God ook vir jou kom vra: “Waar is jy?”

 

Sorry, the comment form is closed at this time.