Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Sondag vir Ekologie – 1 Korintiërs 15:32

Ons almal weet teen hierdie tyd dat die wêreld in ’n ekologiese krisis verkeer. Die yslae van die Noorpool en Antartika smelt teen ’n ontstellende spoed. Die aarde se temperatuur het immers reeds met 1.5ºC gestyg sedert die industriële revolusie. Die ekologiese ketting word gebreek. Van die brooste plant en dierespesies begin verdwyn. Dit is egter veral die impak op die lewe in die oseane wat die meeste kommer wek. Wetenskaplike studies wat aan die Universiteit van Adelaide saam met die Globe Institute aan die Universiteit van Kopenhagen gedoen is, het getoon dat warmer waters seelewe in meer as 70% van die planeet se mees biodiverse gebiede bedreig. Trouens, die meeste mariene lewensvorme, soos plankton en visse, leef naby die oppervlak, waar die toename in temperature die grootste is. Dit is genoeg om te sê dat dit net ‘n styging van ‘n paar tiendes van ‘n graad verg om ‘n groot impak op hierdie organismes te hê.

Plaaslike weer- en streekklimaatpatrone beïnvloed sterk voëls se gedrag en oorlewing in beide hul broei- en nie-broeiseisoene, en talle studies verbind klimaatsverandering met onlangse of toekomstige afnames in voëlbevolkings regoor die wêreld. Voëls is egter kosbare geskenke van die Skepper aan ons. En hulle speel ’n belangrike rol in die ekologie.

Ons is ’n skemergebied met betrekking tot die ekologiese toekoms. Baie van ons leef net voort asof niks gaan verander nie, dit terwyl ons ons in ’n kairosmoment bevind. Maar is dit nie maar tekenend van die wyse waarop ons met baie dinge omgaan nie? Selfs ook met ons geloof. Ons leef maar net aan. Môre is immers nog ’n dag. So skryf Paulus aan die Korinthiërs is die houding van sommige mense oor die lewe na die dood. Maar mense dink ook so oor die lewe voor die dood.

Wanneer sal die dag breek in ons gedagtes oor beide: die lewe voor en die lewe na die dood?

 

Sorry, the comment form is closed at this time.