Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Die Heilige Gees bekeer my Godsbeeld
Lukas 15:11-31

Verbeel jou jy kyk na God, terwyl Hy na jou kyk… Wat verklap die uitdrukking op sy gesig, van hoe Hy oor jou voel?

 

Hierdie klink dalk na ‘n vreemde vraag om te vra, want hoe moet ‘n mens weet hoe God se gesig lyk? Niemand het Hom nog ooit gesien nie, en die een wat Hom sou sien, sal sterf… so het Moses gehoor.

 

Waarop die vraag egter sinspeel is nie soseer die detail van hoe God se gesig lyk nie, maar eerder hoe my en jou Godsbeeld daarna uit sien. Maw Wat is jou persepsie van hoe God is?, Hoe dink jy voel Hy oor jou?, Hoe beleef en ervaar jy Hom as jou God?. Met die antwoorde op hierdie vrae in gedagte, dink weer oor die vraag… :

 

Wat sal die uitdrukking op Jesus se gesig verklap oor hoe Hy oor jou voel, as Hy, menslik gesproke, na jou sou kyk?

 

Hoekom is die vraag belangrik? Want my beeld van God/my Godsbeeld/ hoe ek dink HOE GOD IS en hoe Hy oor MY voel, het ‘n reuse impak op die aard van die verhouding waarbinne ek met Hom staan.

 

Dit beïnvloed die manier waarop ek bid, waarop ek Bybel lees en dit interpreteer en hoe ek uiteindelik coram Dei (voor God se aangesig) leef. Uiteindelik het dit ook ‘n reuse impak op hoe ek oor ander mense dink en met hulle werk.

 

‘n Gesonde Bybelse Godsbeeld is krities belangrik vir ‘n Geesvervulde lewe waarbinne ek kan floreer en geestelik kan groei. Daarom nooi ons jou – kom luister en dink komende Sondagoggend en -aand, en Maandag- tot Donderdagaande saam oor hoe die Heilige Gees ons wil help om, d.m.v. ‘n gesonde Godsbeeld en lesse uit Jesus se lewe, ons roeping as gelowiges te verstaan en met vrymoedigheid uit te leef.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.