Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Genesis 18:1-16 en Hebreërs 13:2

 

Ons lees in Genesis 18 dat Abraham by die akkerbome van Mamre op die hitte van die dag by die ingang van sy tent sit toe daar skielik drie mans opdaag. Dit is op die hitte van die middag!

 

Maar Abraham hardloop die mans tegemoet, buig voor hulle en kan nie genoeg doen om sy gasvryheid te bewys nie. Hy vra dat hulle hom die guns sal bewys om nie by sy huis verby te gaan nie (v. 3), hy en Sara ontvang hulle soos eregaste.

 

Wanneer ‘n mens hierdie verhaal van Abraham en Sara se ontvangs van vreemdelinge lees, wonder ‘n mens onwillekeurig wat die rede(s) sou wees waarom hulle so onvoorwaardelik gasvry optree. Naas die feit dat die betoning van gasvryheid integraal deel was van die
manier van omgang met vreemdelinge in daardie tyd, wys skrifverklaarders daarop dat daar met Abraham en Sara iets dieperliggend gebeur het wat nie ongesiens moet verbygaan nie.

 

Mense kan tog leer om vir ander om te gee, om ander te respekteer. Het hierdie selfde Abraham en Sara dan nie vroeër die farao goedsmoeds in die ellende gedompel met hulle knoeiery (Gen.12) nie. En Hagar sommer so die woestyn ingestuur nie (Gen. 16)?

 

Maar hier sien ons hoedat Abraham en Sara daarin slaag om die seën van die Here deur middel van hulle gasvrye optrede uit te deel. Hulle het in die leerskool van die geloof geleer om om te gee en uit te reik na ander mense.

 

En hier ontdek hulle: Gasvryheid ontsluit verrassende
moontlikhede!

 

 

Sorry, the comment form is closed at this time.