Boodskap vir die week
Eerste Advent: Hoop
Adventstyd in Welgemoed word jaarliks ingelui deur ons Kerssangdiens. Sondag is dit egter amptelik die eerste Sondag van advent. Sondag se adventstema wêreldwyd is hoop. In ’n wêreld waar alles vir so baie mense hooploos en hopeloos lyk, is dit ’n baie relevante tema. Die vraag is egter of ons relevante antwoorde het vir die akute hooploosheid van mense.
Die krisis van kinders wat tans ly en sterf in die Midde-Ooste laat ook die vraag ontstaan of die koms van die Christuskind 2000 jaar gelede, in dieselfde Midde-Ooste, werklik ’n verskil kan maak. En bied Hy werklik hoop aan miljoene en miljoene ander mense vanoor die hele wêreld wat ly aan hooploosheid.
Ons gaan Sondag ’n tree terug gee na die tyd van Psalm 80, ’n klagpsalm, en dan ’n sprong vorentoe maak in hoop. Psalm 80 is immers gesing deur mense wat in ’n oorlog verneder is. Daar was al baie klaagliedere op baie momente in die geskiedenis opgehef na God deur mense vir wie alles hooploos gelyk het. Daar is tans weer baie sulke mense. Hoe sou hulle lied klink? Wat sou hulle klag behels?
In ’n vraag en aanbod ekonomie, behoort hoop nou te verhandel. Dryf ons tans handel in hoop?
Sorry, the comment form is closed at this time.