Boodskap vir die week
Het die Bybel enigsins nog ’n plek in vandag se lewe ?
Is die Bybel nie maar net een van die baie bronne waaruit ons antwoorde kry nie?
Daar is vandag baie verskillende bronne waaruit ons troos, bemoediging en motivering kry. Mense stroom na motiveringsprekers en kyk videos op YouTube.
Selfhelpboeke bly topverkopers. Dit is die mening van baie mense dat die Bybel nie werklik so noodsaaklik is nie.
Kom ons dink vandag, op die Hervormingsondag, na oor die Bybel… Het dit ‘n boek geword wat ons maar op die koffietafel moet laat?
Ons het Dr Quintus Heine van die Bybelgenootskap genooi om Sondag die verkondiging van die Woord te behartig. Hy was voorheen onder meer ‘n leraar in Parke-Gemeente in Kraaifontein, en aktuarius in die Dagbestuur van die Sinode van Wes-Kaapland.
Ons gaan saam luister na Psalm 19.
Sorry, the comment form is closed at this time.