Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Die heerlikheid en skoonheid van God

 

Gelowiges het van die vroegste tye af kuns gebruik om uitdrukking te gee aan hulle verbeelding oor die skoonheid van God. Die gedigte en liedere van die Psalms  beskryf die skoonheid en
heerlikheid van God met die mooiste taal en note. In die Ou
Testament ontwerp en Salamo sy tempel met die mees grandiose argitektuur en versier dit met die baldadigste beeldhouwerke.  Dawid, en die volk dans voor die Here in liturgiese danse en gee so met ritme en beweging uitdrukking aan hulle verwondering aan die skoonheid en heerlikheid van God. Maar kuns begin nie daar nie. Die oorspronklike kunstenaar is God self.   Hoe sien ons nie juis in hierdie dae hoe Hy in die natuur met sy kleurskyf en
penseel Namakwaland rojaal bespat met geel en pers, oranje en rooi nie, teen die hange van die Hantam en in die voue van die Biedouw. By Wuppertal lyk dit of sy verfblik omgeval het, sodat die miljoene krone en loof jou oortuig om jou hande op te steek na die Kunstenaar. Hy was sy tyd ver vooruit fluister die
kunskenners. Om nog ‘n draai laat die towering van Pietsnotjies en Perstapyt  jou na jou asem snak.  Die Madeliefie-makietie is
magies mooi en op die gesigeinder lag Hy genoeglik in die
vlieswolke, oor jou verstomming. Hierdie selfde kunstenaar droom drome oor jou skoonheid. Hy maak die binneruimts van mense se lewe vol kleur en spel. Hy begeer ook jou innerlike skoonheid. Het jy al gewonder wat dit beteken dat die Kunstenaar jou skoonheid begeer? Kom ons dink ‘n bietjie daaroor.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.