Boodskap vir die week
Psalm 42 & 43
“Ek wil in die kerk bly, en wil glo, en die sakramente gebruik, maar dit het vir my moeilik geword. Ek is gesuiwer van die maklikheid, van die naïwiteit om te kan glo.”
Die kerk moet ook pastoraal erns maak met “the many kinds of hearts that came to the limits of reason, the loneliness of godless horizon, the chill of winter with its cry for Absence, Absence”. Daar is winter in hierdie harte!
Die digter van Psalm 42/43 smag na die lewende God omdat hy ‘n ondervinding van die afwesigheid van God beleef. Hy kla daaroor dat God hom vergeet en verwerp het.
Baie ander gelowiges in die Ou Testament het dieselfde ondervinding beleef. Dit is winter in hulle harte. Hulle het ervarings van pyn, onsekerheid, verlorenheid, die bose, en die geheimenis van die dood ervaar.
Die digter van Psalm 42 & 43 kan gelowiges met winter in die hart help:
Die herinnering, veral aan die gemeenskap van die gelowiges. Die Ou-Testamentiese gelowiges het hierdie ervarings as wesenlike deel van hulle vroomheid geken en verwoord.
Deur hernieude oorgawe aan gebed en sang.
En deur vertroue en hoop.
Dit is ‘n tyd tussen die tye waarin ons leef, in die tyd van die sug en verlange, in die tyd van die “nog nie” van die koninkryk. Ons leef nog nie in die tyd van die heerlikheid en aanskouing nie , maar in die tyd van die heimwee en die hoop. En dié hoop beskaam nie!
Sorry, the comment form is closed at this time.