Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Jesus maak die storms stil

Dis is moeilik om met vrede te leef. Daar is immers soveel dinge wat ons vrede van ons steel. Mense voel onder meer oorweldig as gevolg van die inligtingsrewolusie. Vroeër kon jy die hoeveelheid inligting wat jy moes hanteer, beslis makliker bestuur. Maar vandag word ons gebombardeer met massas inligting, op jou televisie, telefoon, rekenaar, sosiale media. Maar dit is nie net neutrale inligting nie. Die goed wat ons sien en lees, maak ‘n aanspraak op ons lewe. Ons vorm menings, ons maak aannames, ons word uitgedaag, ons word blootgestel, en ons word gekonfronteer met ons eie waarde, of gebrek daaraan. Ja, op baie maniere ontwrig die blootstelling aan alles wat in die wêreld gebeur ons geweldig. Dit vol die heeltyd of ons in ‘n storm leef.
Inligtingswetenskaplikes meen dat dit in die jare wat kom net gaan erger raak. ‘n Mens wonder wat die impak hiervan op die siel van die wêreld is. En op jou eie siel? Is ons karakter nie al hierdeur uitgekalwer nie? Die antwoord is  ‘n ondubbelsinnige ja. Die uiterlike wêreld het nie verander, maar nie ons innerlike wêreld nie. Hieroor sal ons goed moet dink. Hoe het ons innerlike wêreld verander as gevolg van die inligtingsrewolusie? Wat het met ons siel gebeur? En watter rol sou innerlike vrede kon speel, om die storm waarin ons leef te laat stil word?  As Jesus sê: “Vrede laat ek julle na,” (Johannes 14:27-31) dan wil ‘n mens dit vandag aangryp. Vrede, Here, gee ons asseblief vrede, wil ons bid. Jesus maak asseblief ons storms stil! Hoe gaan dit met jou innerlike vrede?

 

Sorry, the comment form is closed at this time.