Boodskap vir die week
Matteus 6: 5 – 14
Gebed
Gebed is vervleg met ons geloof soos ons harte en die are wat in ons liggame beweeg.
Aan die een kant is dit hoe ons met God kommunikeer, die mees algemene manier waarop ons ons hartsbegeertes aan God bekend maak, en andersyds ‘n geleentheid vir ons om na God te luister.
Dit voed ons, dit versprei die voeding vna ons geloof deur die res van ons lewens. En dit is ‘n manier waarop ons rou emosies ook kan verwoord, as’t ware uit ons harte uit kry.
Ons kyk vandag na die manier waarop gebed gefunksioneer het in die mense wat rondom Jesus geleef het en wat besonders was aan hierdie gebed. Daar is soveel gebede in die Bybel, wat maak hierdie een spesiaal? Wat kan ons vandag uit hierdie gebed leer?
Sorry, the comment form is closed at this time.