Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Johannes 20 en Openbaring 21

Die Here het opgestaan!  Dit is Paasfees en ons bring die besondere gebeure van Christus se opstanding in herinnering.

 

Ons kyk hierdie week na die manier waarop die skrywer van Openbaring die opstanding interpreteer het.  Ons lees in die evangelies van die gebeure rondom Jesus se opstanding, en die apostels en ander omstanders se onmiddellike ervaring van wat gebeur het.  Maar wat van die latere Christene, wat nie die lewe van Jesus eerstehands kon ervaar nie?

 

Kan daar in ‘n boek soos Openbaring, wat ons soms die skrik op die lyf jaag, waarlik iets betekenisvol oor die Opstanding geskryf staan?  En indien wel, hoe is dit vir ons van belang?  Hoe help Openbaring ons om Paasfees te vier in 2023.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.