Boodskap vir die week
‘n Nuwe lewe, ‘n geveg teen sonde of ‘n avontuur van bevryding
(Lees Romeine 8:6-11)
Ons is in lydenstyd. Vir my is dit ‘n tyd van selfondersoek. Ja, dis ‘n tyd om ‘n verkenning te doen van jou innerlike lewe. Ons het teen die tyd al gewoond daaraan geraak om in die lydenstyd van iets te vas. Dan gee ons brood of chocolates op om ons te herinner daaraan dat Christus Homself vir ons prysgegee het. Of die opgee laat ons dink aan die sondes wat ons moet prysgee met die oog op die volheid van ‘n lewe in navolging van Christus.
Maar daar is ook ander innerlike goed wat in die pad staan van ons welstand. ‘n Priester het by geleentheid gepreek oor Lydenstyd en ‘n totaal nuwe perspektief gebring oor die opgee van dinge.
“Jesus sal seker vir ons lag omdat ons goed soos chocolate, bier, koffie opgee. al die dinge wat eintlik vir ons vreugde bring en gelukkig maak. Wat Hy dalk voorstel is om die dinge op te gee wat ons miserabel maak in God se Paradys. Dinge soos selftwyfel, onsekerhede, jaloesie, gierigheid en skinder en woede. Die dinge wat ons weg beweeg van Die Lig. Eer sy offer deur die duisternis in jou Lewe op te gee.” Die opmerkings het my baie laat dink oor lewensduur teenoor die kwaliteit van lewe. Almal begeer ‘n lang lewe. Maar behoort ons diepste begeerte nie te fokus op ‘n kwalitet lewe nie. En laasgenoemde het waarskynlik baie te doen met die bevryding van ‘n klomp innerlike aannames en oortuigings en gewoontes wat lewenemend is. Kom dink Sondag saam.
Sorry, the comment form is closed at this time.