Boodskap vir die week
Preekskets: 1 Petrus 3:8-22
Die boek Petrus is geskryf aan gelowiges wat ‘n vorm van vervolging beleef, waarskynlik dat hulle sosiale afkeur, uitsluiting en minagting deurgaan. Dit spruit daaruit dat hierdie gemeentelede, wat eens nie-gelowiges was, nou deur hulle geloof in Christus ‘n kultuur-vreemde lewensrigting ingeslaan het.
Daar is verskeie maniere waarop mens kan reageer tenoor sulke onderdrukking, insluitend dat mens terug veg of jou vervolgers met minagting hanteer. Petrus moedig egter ‘n ander lewenshouding aan: Dat gelowiges erns neem met ‘n lewensstyl wat so anders is dat die mense om hulle nie anders kan as om te vra om te vra oor die hoop wat in hulle lewe (3:15). Die navrae gee vir die gelowiges dan kans om in gesprek te gaan oor hulle geloof.
Vandag dink ons dikwels oor hoe ons die Evangelie moet verkondig, en meeste van ons sal dit moeilik vind om soos Paulus tussen mense in te stap en die Goeie Nuus te verkondig. Petrus help ons om ‘n ander moontlikheid raak te sien, naamlik om so te leef dat ons lewe belangstelling wek. Belangstelling van so aard dat die mense om ons nie anders kan as om daaroor uit te vra nie. En dit gee ons dan geleentheid om op beskeie manier in gesprek te gaan oor die Evangelie.
Sorry, the comment form is closed at this time.