Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Preekskets: Psalm 72

Ons staan hierdie week stil by Psalm 72. Dit is ‘n lied vir die koning en beskryf wat van hom verwag en gehoop word. Sentraal tot sy taak is dat die hy die reg sal vestig en handhaaf, veral vir onderdruktes, swakkes en hulpbehoewendes.

 

Hoewel dit die koning is wat so beskryf en besing word, sien ons aan die einde van die Psalm dat dit eintlik God is wat magtige dade doen. Hy werk deur die koning om reg te laat geskied.

 

In die Nuwe Testament word dit duidelik dat gelowiges as priester, profeet en koning aangestel is. In laasgenoemde rol het ons ook die taak om die reg te bevorder en die hulpbehoewende rondom ons te ondersteun.

 

Hierdie psalm, met die hoë verwagtings en hoop wat dit stel, laat mens vinnig dink aan die eintlike koningskap van Jesus en dit wat Hy sal verrig. Dit wat ons doen vloei, vloei ook maar uit die krag van die Hom as die eintlike koning.

 

En soos hierdie ‘n gebed is, kan ons ook bid dat ons Koning reg en vrede sal bring, veral in ‘n land en wêreld wat dit toenemend nodig het.

 

Besoek aan Khayelitsha

Ds Wouter gaan komende Donderdag na ons vennote in Khayelitsha om klere en ander geskenke af te lewer. Gemeentelede wat wil saam gaan kan hom om 11:00 by die kerk kry. Ons sal teen 12:30 terug wees.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.