Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Ons lees Deuternomium 6

Ons vier komende Sondag die Nagmaal sowel as Hervormingssondag en ons doen dit aan die hand van Deuteronomium 6.

 

Die Hervorming was ‘n groot gebeurtenis in die wêreldgeskiedenis wat die kerk in die wêreld onomkeerbaar verander het.  Nie net het daar ‘n nuwe kerktradisie, waarin ons staan, daaruit gekom nie, maar selfs die Katolieke Kerk het daarna sekere veranderings ondergaan.

 

In Deuteronomium 6 lees ons van voorskrifte rondom die Israeliete se geloofslewe, dit handel oor om ‘n goeie lewe voor God te lewe, en ‘n goeie lewe saam met die mense om jou te lewe.  Dit is riglyne vir mense wat in ‘n tyd van groot omwentelinge geleef het, net soos die mense in die tyd van die Hervorming, en ook soos ons wat in ‘n tyd van baie veranderinge leef.

 

Hoe kan ons hierdie eeue-oue riglyne verstaan om ons vandag te help om Christene te wees?  Wat kan ons leer uit die Hervorming as dit kom by groot omwentelinge en die uitleef van ons geloof?

 

Sorry, the comment form is closed at this time.