Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Preekskets: Deuteronomium 1:19-36

Ons lees vandag die begin van Moses se toespraak in Deuteronomium. Die hoofstuk begin met ‘n beskrywing van die tyd en plek van die gebeure en dan begin Moses sy toespraak. Later in die toespraak gee hy aandag aan die wet, maar hy begin deur Israel te herinner aan hulle pad tot hier.

Hierdie verhaal sluit in hoe die volk gegroei het en hoe daar verdere leiers aangewys is om Moses te help aangesien hy nie self die hele volk se sake kon hanteer nie. Dan vertel Moses van die tragiese gebeure toe die verspieders uitgestuur is om die beloofde land te verken, maar die volk te bang was om die Here te vertrou en die land in besit te neem. Dit het tot die hartseer gevolge gelei.

Ons dink vandag oor hoe ons ook by tye nie die Here vertrou as Hy ons iewers heen lei nie. Maar ons kyk ook verder, na die besondere beloftes wat Hy gee rondom sy teenwoordigheid as Hy ons iewers heen lei.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.