Boodskap vir die week
1 Korintiërs 12
Wat is die gom wat alles bymekaar hou? Word hierdie gom al hoe meer skaars in die wêreld? Hoe pas ek en die kerk in hierdie prentjie in?
Een van die heel eerste kerke sukkel met die diversiteit van hulle omgewing. Wat nog belangriker is, hulle sukkel om die egte geloof raak te sien by mense wat oppervlakkig van hulle verskil. Hulle sukkel om kerk te wees daar waar hulle geplant is.
Paulus gebruik ‘n beeld om die beginsels te verduidelik waarop kerkwees gebou moet word, die beeld is vir ons al baie bekend. Alhoewel die beeld bekend is, is die wêreld anders as Paulus se wêreld en dit veroorsaak dat ons ook aanhou sukkel hiermee.
Ons vier Sondag die doop, ‘n teken wat ons herinner aan ons gemeenskaplike oorsprong en redding. Ons geniet ook die Senior tee, en vier ook so die gemeente se ouer lidmate en die unieke bydraes wat hulle vir die gemeente bring!
Sorry, the comment form is closed at this time.