Boodskap vir die week
Ons lees: Lukas 15: 1 – 10
“Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.” ‘n Klag wat tot vervelens toe teen Jesus gerig word.
Dit val dalk vervelig op ons ore, maar dit was allermins vervelig vir die gehoor rondom Jesus. Sy gewoonte om tyd te spandeer saam met interessante figure het nie op dowe ore geval nie – dit was opspraakwekkend.
Teen hierdie agtergrond beantwoord Jesus een van verskeie groeperings wat ongelukkig was met sy lewenswyse. En hierdie antwoord laat ons vandag nog ons ore spits: hoekom die 99% wat jy het los en moontlik verloor, om te gaan soek vir een
persent van wat jy nie weet of jy dit gaan kry nie.
Ons is gewoond aan die bymekaarmaak van besittings, en in volumes wat onbekend was vir die gewone mens in daardie tyd. Dit kleur ons verstaan in, en kan dit selfs belemmer.
Is dit werklik die kwessie in hierdie gedeelte? Hoekom was dit opspraakwekkend dat Jesus saam met sekere mense tyd
spandeer? Hoe moet ons daarop reageer?
Sorry, the comment form is closed at this time.