Title Image

Boodskap vir die Week

Boodskap vir die Week

Eksodus 32
Moses spandeer tyd saam met God bo-op die berg Sinai.  
Onder in die vallei is God se gemeente besig om ongeduldig te broei oor die oënskynlike afwesigheid van God. 
Soos wat Moses met die tien gebooie van die berg afdaal, so styg die ongeduld in die vallei tot oproerigheid, en uiteindelik tot opstand teen die heel eerste gebod. 
Soos wat die goue kalf gestalte kry, word die tien gebooie teen die grond stukkend gegooi.
Daar is egter meer aan die gedeelte as bloot die goue kalf, en dat dit na afgode in ons lewe verwys, bv., as Aäron woorde oor die beeld spreek, spreek hy vir die Here van Israel aan, nie vir ‘n ander afgod van daardie tyd nie.
Waaroor gaan die spanning in hierdie gedeelte?  Wat verteenwoordig die goue kalf vir ons?  Moes dit ‘n teken van God se teenwoordigheid wees? 
Soos wat ons aansit vir Nagmaal, ‘n teken van God se aandeel in ons lewens, kan ons stilstaan by die verwagtinge wat ons koppel aan die tekens van God se teenwoordigheid in ons lewens.

Sorry, the comment form is closed at this time.