Boodskap vir die week
Ons lees uit Jesaja 63
Diep in die ingewande van ‘n vreemde land en in ‘n geestelike donkerte is daar gelowiges wat weer ‘n keer moet dink oor wat hulle glo, in Wie hulle glo, en wat dit vir hulle beteken. Ver van hulle geestelike tuiste dink die Israeliete oor wat hulle ballingskap in Babilonië vir hulle beteken.
Hierdie gedeelte lees nie maklik vir ons nie, daar is verskeie verse wat ons verstaan van God uitdaag, en wat ons ook dwing om te dink oor die Een in wie ons glo. Ons gaan kyk om te probeer verstaan hoekom hierdie gemeenskap hierdie geloofsbelydenis neerpen, wat kan ons aflei uit hulle ervaring en verstaan van God, en wat kan dit vandag vir ons beteken.
Sorry, the comment form is closed at this time.