Boodskap vir die week
Openbaring 22
Openbaring 22 staan aan die heel einde van die Bybel. Alhoewel die skrywer van Openbaring nie geweet het dat sy brief daar ‘n plek sou vind nie, is dit besonders hoe die beelde en simboliek daarvan ooreenstem met die beelde en simboliek van die eerste hoofstukke van Genesis.
Op ‘n manier word die inhoud van die Bybel omraam met die beelde wat ons in hierdie hoofstukke van lees. Dalk kan ons ook daarna kyk as waardevolle beelde om ons lewe en geestelike ingesteldheid mee te omraam – ‘n paar beginsels wat ons op ons lewenspad kan help.
Sorry, the comment form is closed at this time.