Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

In Lukas 12 vertel Jesus ‘n paar verhale van God se oordeel, wat onverwags sal kom. Tussenin is daar ook verhale van God se besondere sorg vir mense. Die berig wat aan die begin van hoofstuk 13 aan Jesus gebring word, word deur Hom gebruik om verder te gesels oor die oordeel wat kom.

 

Jesus se woorde in verse 1-5 maak duidelik dat mense nie moet werk met ‘n oorvereenvoudigde raamwerk waar tragedies in mense se lewe lynreg verbind moet word met sonde nie. In plaas daarvan om na aanleiding van ‘n tragedie oor ander mense se sonde al dan nie te oordeel, moet mense eerder hulleself bekommer oor hulle eie sonde en die oproep tot inkeer gehoor gee.

 

Hierdie oproep tot bekering vloei uit in die verhaal van die vyeboom in verse 6-9. Hier is daar ook sprake van oordeel as die eienaar dreig om die vyeboom te verwyder. Maar ons hoor ook van genade as ons lees van die tuinier wat vra vir nog ‘n kans vir die boom om vrug te dra. Die verhaal maak dit duidelik dat die oproep tot bekering, tot vrug dra, ‘n ernstige een is wat een of ander tyd het vrugteloosheid gevolge. Tegelyke tyd het ons die hoop dat ons nou die geleentheid kan aangryp om te verander. Nog meer, ons het bystand in die verandering: Dit is immers die tuinier wat die boom help om vrug te dra.

 

In hierdie lydenstyd laat die verhaal ons vrae vra oor ons eie vrug en om gehoor te gee aan die oproep van inkeer.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.