Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Psalm 19

Nog nooit was die aarde so oorvloei met beelde nie.  Ons word omring deur visuele media: TV-reekse, films, advertensies, musiekvideos, preke, praatjies, selfoonskerms.

Nog nooit was die aarde so oorvloei met beelde nie, en tog, was ons al ooit so arm aan verbeelding?  Die alomteenwoordigheid van geskepte beelde verarm ons eie vermoë om verbeeldingryk te dink, om verby dit wat vir ons oë aangebied te word, te sien.

Die Psalms kom uit ‘n ander tyd uit – beelde is oorgedra in taal, in stories, gedigte en liedere wat oorvertel is van een geslag na die volgende.  Wanneer mense mekaar probeer verstaan het, het hulle vir mekaar stories oor hulle verlede vertel: waar hulle vandaan kom, hoe hulle voorgeslagte deur die lewe gereis het.

Om sinvol te lewe het ons lewens van verbeelding nodig, om mekaar te verstaan, ons naastes en ons “verstes” moet ons dit kan “sien” wat ons nog nooit gesien het nie.  Die Psalms help ons daarmee: dit gee vir ons beskrywings in woorde wat ons help om die lewe anders te sien, met genoeg ruimte vir ons om ons eie kleure aan die beelde te gee.  Dit geld vir ons lewens ook: die Psalms help ons om na die lewe te kyk op nuwe maniere.  Hoe help dit vir my en jou vir elke dag van elke week in 2022?

Sorry, the comment form is closed at this time.