Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Wat laat jy na? Hebreërs 10: 11-25
Bob Buford se boek, Halftime, was ‘n internasionale topverkoper. Die subtitel is Changing Your Game Plan From Success To Significance. Dit is nie vreemd dat die boek so goed verkoop het nie en steeds in druk is nie, Wanneer ‘n mens ouer word begin jy immers dink oor die betekenis van jou lewe. Watter waarde het jy nou eintlik toegevoeg? Wat laat jy na? Almal van ons wil tog blywende betekenis hê, bydra tot iets groter as jyself.
Van die vroegste tye af in talle kulture het mense grafstene opgerig. Op die grafsteen is die naam van die persoon wat daar ter ruste gelê is ingegraveer. Sommige mense se grafstene het meer soos monumente gelyk. Ander s’n was eenvoudig, dalk met die naam en die geboorte- en sterftedatum. Soms is daar in christene se geval engele of ‘n kruis of ‘n teksvers of die graf- alles aanduidings van die geloof dat die persoon se lewe nie geëindig het by die graf nie. Vandag gebrik os meestal nissies met ‘n plaat daarop om darem net te sê die mens was hier. Reeds met die heengaan van jou ouers of ander uit die geslag voor joune leer jy hoe kort die tyd is van onthou- dat mense nog van jou praat. En dan gaan daar ‘n tyd kom, miskien dertig veertig jaar later wanneer daar eintlik niemand meer aan jou gaan dink nie. Dit is min of meer van ons almal waar. Die lewe op aarde is vir almal ‘n vlietende reis.
So wat laat jy na? Wat is dit wat jy hier wil oprig? Wat is dit wat jy wil bydra? Is daar iets wat jou lewe híér kan verewig? En wat is dan die betekenis van die lewe? Dit is groot vrae, maar dit is dié vrae, belangriker as enige ander vrae waarop ons antwoorde moet vind.

Sorry, the comment form is closed at this time.