Boodskap vir die dag
Sondag is die vyfde Sondag in Lydenstyd en die einde van Lydenstyd is in sig, ons begin al vooruit kyk na die gebeure rondom Goeie Vrydag en Paassondag. Ons staan egter hierdie week nog ‘n keer stil by die tema van Lydenstyd.
Ons vier Lydenstyd, nie Lydingstyd nie – dit is ‘n tyd wat ons inruim in die kerk vir introspeksie, roeie en om weer nuwe perspektief op ons eie lewe, asook die van die mense rondom ons te kry. Ons hoef nie in hierdie tyd in sak en as te sit oor al die negatiewe gebeure rondom ons nie. Ons moet juis perspektief behou oor die wêreld waarin ons leef, ons eie rol en roeping in hierdie wêreld en hoe ons met ons geloof die gebeure tegemoet gaan.
In Jesaja 43 praat God met sy gemeente, en draai Hy min doekies om. Kom ons kyk wat ons uit hierdie teks kan neem vir ons en vir die wêreld.
Sorry, the comment form is closed at this time.