Welkom

Barmhartigheid

Die Barmhartigheidsarm van die gemeente wil graag alle belangstellendes uitnooi om by een van die vele fasette van dienslewering betrokke te raak.

Kundigheid op enige gebied is altyd welkom, maar ons soek ook gewillige, entoesiastiese persone wat, dmv hul tyd, kan help om die lewensomstandighede van persone in ons omgewing te verbeter.

Ons het 8 fokusprojekte/instansies/gemeentes waarop ons in 2018 fokus. Ons moedig gemeentelede aan om prakties by hierdie projekte betrokke te raak.

1) Nal’iBali Leesprojek by Tygerberghospitaal
Kontak: Nicola Mostert
E-pos: nicola@ngkwelgemoed.co.za

2) Living Network Krisissentrum in Bellville
Kontak: Louise Spies
E-pos: livnet@churchadventure.co.za

3) Maitland Gemeenskapskerk
Kontak: Kristy Hansen
E-pos: kristyhnsn@gmail.com

4) Ligstad in Bellville
Kontak: Annette Hansen
E-pos: annetthnsn@gmail.com

5) Trusthuise vir Seniors in Bellville
Kontak: Banus Baard
E-pos: sabaard@mweb.co.za

6) NGK Ruyterwacht gemeente
Kontak: Alida Groenewald
E-pos: alidagroenewald100@gmail.com

7) Disciples of Christ church in Khayelitsha
Kontak: Wouter van Velden
E-pos: wouter@ngkwelgemoed.co.za

8) Alta du Toit Nasorg in Bellville
Kontak: Aletta Janse van Rensburg
E-pos: alettarens@gmail.com

 ELKEEN VAN ONS KAN ‘N VERSKIL MAAK

 

                  VOORSTELLE  VIR  PROJEKTE  VERAL VIR  KINDERS/TIENERS

  1. Besoek ander gemeenskappe, gee kinders blootstelling bv Blue Mountain  en Môresterretjies.
  2. Manna-broodjie projek bv vir bergies, by taxi-staanplek, bushalte ens.
  3. Musikante: speel op openbare plekke bv voor hospitale, garage, Trusthuise, ouetehuise ens
  4. Raak bewus van gesprekstaal van petroljoggies, karwagte by sentrum ens. Deel bv boekmerk uit in hul taal, klein Bybeltjie ens.
  5. Kinders help met verpakking van voorrade met skenkings.
  6. Speletjiesaande/ boeresport/poppekas ens.
  7. Insamelings: moet deurgaans geskied. Gebruikte of ongewenste geskenke bv skryfbehoeftes, cd’s, speelgoed ens.
  8. Talent-aande: wees ‘n” superhero” vir 5 min.
  9. “Aanneem” maatjie: maak kontak met ‘n kind in ‘n ander gemeenskap en raak betrokke in sy/haar lewe bv met verjaardag, siekte, eksamen ens.
  10.  Uitstappies: borg ander kind vir ete, fliek ens.
  11. Vaardighede: gebruik talent van kinders om kreatief te wees bv maak van kaartjies vir seniors, siekes, Kersfees ens.
  12. Gespreks-aande met tieners: almal het “issues” waaroor gepraat kan word saam met ‘n interessante spreker.
  13. Fondsinsamelings: kinders kan hul eie inisiatief gebruik om fondse in te samel vir instansies.
  14. Besoeke aan kindersale van hospitale, ouetehuise, Trusthuise ens.
  15. Verf mure by BADISA Scottsdene (graffiti). Ouers braai terwyl kinders verf.
  16. Gaan op “Taxi 2….”-toere deur ander gemeenskappe.
  17. Hou pretstap tussen plaasskole.
  18. Markdae: verkoop kinders se selfgemaakte artikels. Betrek seniors bv gebak, gebreide artikels ens.

Volg ons op facebook:

2018 Tema & Kalender

NG Kerk Bankbesonderhede

NG Kerk Welgemoed

Absa Bank
Tjekrekening: 340 580 761
Takkode: 630 510

Ons Sosiale Platforms



Welgemoed Safe


Sluit nou aan en maak
Welgemoed veiliger vir almal

Snapscan